|
Nav4All Worldwide Mobile Phone Navigation and Tracking & Tracing TERME EN KONDISIES TERME EN KONDISIES OM NAV4ALL TE GEBRUIKDEUR OP DIE "AKKOORD" KNOPPIE TE DRUK BEVESTIG U DAT U DIE VOLGENDE TERME EN KONDISIES VAN NAV4ALL AANVAAR: 1. Nav4All is a navigasie hulpmiddel wat u gratis mag gebruik tot 01-01-2010. U gebruik Nav4All op 'n 'voetstoots' basis (m.a.w. soos dit werk) en geen waarborg word aangebied nie, gedeeltelik omrede Nav4All werk met data voorsien deur ander, insluitende NAVTEQ. U gebruik Nav4All teen u eie risiko. U is verantwoordelik vir u eie bestuursgedrag. 2. U erken hiermee dat alle regte (insluitende intellektuele eiendomsreg) van Nav4All beklee uitsluitlik aan Nav4All B.V. en/of sy voorsieners. 3. Nav4All B.V. en sy voorsieners is nie verantwoordelik vir enige skade direk of indirek op die hals gehaal deur Nav4All se gebruik nie. U spreek Nav4All B.V. en sy voorsieners vry van enige derde party eise wat mag voorkom as gevolg van die gebruik van Nav4All. 4. U verhouding met Nav4All B.V. word uitsluitlik beheer deur Nederlandse wetgewing. Enige geskille tussen u en Nav4All B.V. moet uitsluitlik by die geregtelike hof in Amsterdam, Nederland, ingedien word (behalwe vir enige en alle wetlike instellinge aangewys buite die Nederlandse regtelike stelsels gebaseer op plaaslike, provinsiale, nasionale en/of internasionale jurisdiksie wetgewing en regulasies). Nav4All B.V. nietemin behou die reg om tussentydse verligting prosedures in enige land te hou. 5. Nav4All is deurlopend aan die ontwikkel. Nav4All kan aangepas of verbeter word sonder enige kennisgewing. Gebruik altyd die nuutste weergawe. 6. Hierdie terme en kondisies vir gebruik was opgestel in Nederlands en vertaal na baie ander tale. Die Nederlandse teks is geldig ingeval van enige verskil tussen die oorspronklike en die vertaling. STOP DIE INSTALLASIE VAN NAV4ALL AS U NIE DIE TERME EN KONDISIES AANVAAR NIE. |
CONTACT |
PERS |
PROFESSIONELE GEBRUIK |
NUUS
PHONES | GPRS |
PRIVAATHEID VERKLARING
|
TERME EN KONDISIES | TERMS OF DELIVERY | ABOUT US
© 2008 Nav4All B.V. All rights reserved. | www.nav4all.com
