CONTACT |   PERS | PROFESSIONELE GEBRUIK | NUUS
PHONES | GPRS | PRIVAATHEID VERKLARING | TERME EN KONDISIES | TERMS OF DELIVERY | ABOUT US
© 2009 Nav4All B.V. All rights reserved. | www.nav4all.com

PERS
Pers vrystelling

Nuweling daag gevestigde navigasiestelsels uit.
Heeltemal gratis vir die tussentyd...

Die mark vir navigasie tegnieke is heeltyd aan die verander. Die duur aanboord stelsels het agtergeraak, maar dit is kortliks gevolg deur die Nederlandse TomTom wat impak op die mark gemaak het met 'n meer ekonomiese, draagbare apparaat.
TomTom het vinnig 'n gunsteling geword by 'n verskeidenheid van beleggers. Die waarde van die maatskappy het hemelhoog geskiet na die vrystelling op die mark.
TomTom is nou nie net gekwoteer op die effekte beurs nie, maar ook alle ander navigasiestelsel voorsieners was verras met die navigasiestelsel wat beter, meer ekonomies en tydelik absoluut verniet is: Nav4All.

Navigasie met 'n sellulêre foon.

Nav4All se strategie is een van absolute eenvoud, ongekend tot nou toe: geen hardeware is benodig nie, behalwe vir 'n selfoon en 'n GPS ontvanger.
Die stelsel is doodeenvoudig. Die gebruiker kies 'n bestemming deur die selfoon. Die telefoon kontak dan die sentrale rekenaar, wat die roete vasstel binne 'n paar sekondes en dit dan aan die selfoon stuur. Die reisiger kan dan in die pad val.
Die enigste toerusting wat die moderne reisiger nodig het is 'n selfoon en 'n GPS ontvanger wat nie eers 150 gram saam weeg nie.

Die stelsel is van die allerbeste eenvoudigheid vir die res: die roete is nie beskryf met breedvoerige kaarte nie, maar met eenvoudige pyle wat reguit of draai regs aandui, sowel as vroegtydige aanduidinge op paaie met meerdere bane (nog iets wat nie teenwoordig is by baie stelsels nie). 'n Halwe sirkel in die lyn dui aan dat u 'n verkeersirkel gaan deurgaan en dat u moet reguit aangaan.
Die instruksies is so eenvoudig omdat bestuurders dit nie kan bekostig om afgelei te word nie. Hoe meer eenvoudig en ondubbelsinnig instruksies is, hoe beter is dit vir sigbaarheid. Enige onsekerheid en aarseling wat u mag hê aangaande die roete sal wegsmelt soos sneeu in die Kalahari aangesien die instruksies wat ons voorsien baie duidelik is en maklik om te volg.
Dit is waarom al die onnodige inligting weggelaat is. As daar 'n uitgang 30 kilometer verder is, sal die stelsel u nie meedeel dat die uitgang naby is nie, maar liewer rustig reguit aandui...
Mense wat liewers nie na die skerm wil kyk nie, maar 'n stem wil hoor word 'n keuse van 55 tale en meer as 100 verskillende stemme aangebied deur Nav4All.
Dieselfde taktiek is hier gebruik gemaak van. Alle onnodige inligting is weggelaat; die stelsel mee u slegs deel wat nodig is. Pure eenvoud.

Geen koste, geen beperkinge...

Die mees bekende navigasiestelsels word gekoppel aan relatief duur hardeware en jaarlikse fooie is baie duur. Dit alles gee die gebruiker gewoonlik slegs beperkte opsies.
Die nuwe uitdager vir die gevestigde navigasie gemeenskap het nie hierdie beperkinge nie aangesien meeste mense alreeds selfone besit. 'n GPS ontvanger is voordelig en maklik om aan te skaf en daar is geen inskrywingsfooi tot en met 01-01-2010 nie.
Dit word verwag dat subskripsie na die periode sal wissel vanaf $0.50 tot nie meer as 'n paar dollars per maand nie vir feitlike wêreldwye dekking. Gratis inskrywing is ook 'n moontlikheid.

Opgradering van bestaande stelsels.

Gebruikers van TomTom, Wayfinder, Route 66, Activepilot, Co-pilot en allerhande ander navigasiestelsels kan maklik die voordele geniet wat aangebied word deur die nuwe navigasie voorsiener. Die hardeware van ander voorsieners kan voldoen as 'n Bluetooth GPS ontvanger vir die nuwe stelsel. Gebruikers van 'ou' stelsels wat gebruik maak van Nav4All kry nie net gratis roete bywerkings nie, hulle kry ook basies toegang tot inligting van die hele wêreld.

Word nie in winkels verkoop nie

Nav4All word nie in winkels verkoop nie, wat sin maak, aangesien dit gratis is
Hierdie nuwe navigasie diens kan gratis afgelaai word vanaf die Internet of kan ontvang word van 'n ander gebruiker af deur 'n SMS boodskap.
Die enigste ding wat ons verwag van gebruikers is om te registreer, waarna die selfoon weer die hoofrol speel.

Geheim.

Nav4All is 'n Nederlandse inisiatief. Dit is dan ook geen wonder nie, aangesien die Nederlanders, as een van die eerste seevarende nasies, die geheim van die horison wat die heeltyd aan die verander is opgelos het. Hulle het die kuns van navigasie ontwikkel en het geweet hoe om dit te verbeter tot ongekende hoogtes.
Dit is dan ook geen toeval dat die maatskappye wat wêreldwye kartografie inligting lewer, waarop alle navigasiestelsels in die wêreld werk, afkomstig is van Nederland nie: TeleAtlas en NAVTEQ; die laasgenoemde is gestig deur die Nederlandse maatskappy Philips.
Nav4All gebruik NAVTEQ kaart tegnologie.